FOTO Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Tom Cruise op 51: Meer ontspanne ná egskeiding

Dit was 5 dae voor sy 50ste verjaardag toe Katie aan die wêreld vertel het hul huwelik is verby. Tom het dít blykbaar glad nie verwag nie. Maar nou, meer as ‘n jaar ná dié aankondiging, is Tom glo baie meer ontspanne.

“Daar is lewe ná my egskeiding” – SARIE-leser vertel

‘n Bron het aan US Magazine gesê dat Tom in die laaste jaar baie veranderinge in sy lewe gemaak het. “Hy is baie meer ontspanne en sosialiseer meer.” Tom, wat soms baie teruggetrokke en sku kan wees, is hierdie jaar by ‘n paar geleenthede afgeneem. Hy ondersteun onder meer sy seun Connor (wat hy saam met sy eksvrou Nicole Kidman aangeneem het) in nagklubs waar hy ‘n platejoggie is. Hy is ook langs die basketbalbaan afgeneem.

Katie Holmes en Tom Cruise

Tom Cruise se seun sjarmant soos pa. Lees meer oor Connor hier.

“Noudat hy enkellopend is, wil hy ‘n bietjie meer uit die huis kom,” voeg die bron by. Maar, soos Katie, het hy nog nie ‘n nuwe liefde nie. “Hy was al saam met ‘n paar vroue op afsprake, maar dis nie ernstig nie.”

Tom Cruise: “Egskeiding het my onkant gevang”

Tans is die vroue in sy lewe sy twee dogters, Suri (7), sy en Katie se biologiese kind, en Isabella (21), wat hy saam met Nicole aangeneem het. “Tom sien Suri nog en praat gereeld met haar oor die foon.”

Suri woon saam met Katie in New York, terwyl Tom in Los Angeles woon.