Het jy gehoor?

Tom Cruise se seun, sjarmant soos Pa

Connor is jonk, vol energie en suksesvol. Dit het Dinsdag, 24 Julie 2012, duidelik geblyk toe hy platejoggie was by die bekendstelling van die modehuis American Eagle Outfitters se nuwe reeks, berig Hellomagazine.com. Sjarmant soos sy pa, het hy met Shay Mitchell, die gesig van die handelsmerk en Pretty Little Liars-aktrise, grappies gemaak en gelag.

Die geleentheid is in Times Square in New York gehou en het deel uitgemaak van American Eagle se Live your Life-veldtog om induvidualistiese styl te vier, en mense te motiveer om in hulself en hul eie smaak te glo.

Connor is versot op sosiale media en deel graag wat in sy lewe aangaan op sy Twitter-profiel (@TheConnorCruise) aan sowat 11 755 aanhangers. Hy het juis daar sy meegevoel met pa Tom se egskeiding van Katie Holmes uitgespreek. Hy het geskryf: “Vriende kom en gaan, maar familie bly vir ewig.”