tom_cruise
Het jy gehoor?

Tom Cruise maak hart oop oor gerugte, Katie en plastiese chirurgie

In die Junie-uitgawe van Playboy gesels Cruise oor die veelbesproke onderwerpe in sy lewe en hoe dit hom geraak het.

Oor al die gerugte…

Wens jy mense sou sekere goed net nie sê nie? Natuurlik. Help dit om te stry? Nie regtig nie. Daar kom ‘n punt wanneer jy vir lief neem oor hoe jy jou lewe geleef het. Ek was nog nooit laat op stel nie. Ek maak flieks waarin ek glo. Ek voel dankbaar om te mag doen waarvoor ek lief is. Ek nou hou ek vas daaraan. En die ander goed? Ek hoor dit, ek lees dit.

Oor sy derde vrou, Katie Holmes. (Cruise was voorheen met Mimi Rogers en later met Nicole Kidman getroud):

“Sy is ‘n ongelooflike mens, en as jy 5 minute saam met haar deurbring, weet jy dit. Als wat sy aanpak, doen sy met ‘n beeldskone kreatiwiteit. Sy’s snaaks en sjarmant, en wanneer sy ‘n vertrek binnekom, voel ek onmiddellik beter. Ek’s romanties en hou daarvan om haar met romantiese etes te bederf. Sy’s mal daaroor.”

Oor sy sciëntologiese geloofsoortuiging:
“Wat ek in my eie lewe glo is dat ek altyd daarna moet streef om dinge beter te doen. Of ek nou ‘n beter man of pa moet word of net maniere moet vind om self ‘n beter mens te wees. Individue moet self besluit wat vir hulle waar en eg is.”

En waarom lyk hy net jonger by die jare?
“Ek weet nie! Ek’t nog nooit plastiese chirurgie gehad nie, en gaan dit ook nie in die toekoms laat doen nie. Ek werk. Ek’s altyd by my gesin. Ek oefen, en gaan soms sonder slaap. Ek lewe hard.”

Klik hier om meer te lees