Het jy gehoor?

Tom Hanks is ’n tipe 2-diabeet

Die Oscar-bekroonde akteur Tom Hanks het bekendgemaak dat hy aan tipe 2-diabetes ly.

Die 57-jarige Tom het op die Late Show with David Letterman vertel hoe die dokter by hom tipe 2-diabetes gediagnoseer het. Tom het erken dat hy die afgelope 20 jaar simptome van dié siekte gehad het, maar is eers onlangs gediagnoseer.

Só verloor Andriëtte Norman gewig

Tom het gewig verloor om gesonder te lewe en het tydens dié onderhoud baie gesond gelyk. Hy het in die verlede al verskeie kere gewig opgetel én drasties gewig verloor vir filmrolle. In 1992 het hy sowat 14 kg opgetel vir sy rol as ’n bofbal-afrigter in die fliek A League of Their Own. In 2000 moes hy weer vinnig 23 kg verloor vir sy rol as ’n gestrande man op ’n eiland in Castaway.

Tom is een van vele sterre wat aan diabetes ly, waaronder Halle Berry, die American Idols-beoordelaar Randy Jackson, Larry King en Drew Carey.

Meer oor diabetes:

Tipe 1

(voorheen insulien-afhanklike diabetes genoem)

Jou immuunstelsel vernietig die selle wat insulien vrystel.

Tipe 2

(voorheen nie-insulien-afhanklike diabetes genoem)

Sowat 90 – 95% van diabete ly aan tipe 2, en dit neem toe. Die hoofkenmerk van dié toestand is insulienweerstandigheid, die liggaam se onvermoë om doeltreffend op insulien te reageer.

Simptome

Dit kan insluit

  • oormatige urinering
  • oormatige dors
  • verhoogde eetlus
  • moegheid / uitputting
  • gebrek aan belangstelling en konsentrasie
  • vomering en maagpyn (word dikwels met ander toestande verwar)
  • ’n tinteling of gevoelloosheid in hande of voete
  • onduidelike visie
  • gereelde infeksies en / of
  • wonde wat stadig genees
Bron: Diabetes SA
 
Skok-statistieke: Die aantal diabete in SA gaan die volgende 15 jaar verdriedubbel
 
Bron: Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO)
 

SARIE NOV 2013

 

 

Lees meer oor diabetes en die NUUTSTE NAVORSING in die November-uitgawe van SARIE – eersdaags op die rak!

 

 

 

Baie reken dat Tom nóg ’n Oscar gaan ontvang vir sy rol as ’n skeepskaptein in die fliek Captain Phillips wat gaan oor ’n skip wat deur Somaliese seerowers aangeval word. Hieronder is die lokprent vir dié fliek: