Imari en Faf du Plessis by JP en Sue Duminy. FOTO: Instagram

Imari en Faf du Plessis by JP en Sue Duminy. FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Top-10 stylvolste vroue van sportmanne

Die sterre op die pawiljoen lyk gewoonlik baie meer glansryk as die mans wat hulle op die rugby- en krieketveld gaan ondersteun. Suid-Afrika se krieket- en rugbyspelers is getroud met pragtige, stylvolle vroue. Hier is ons top tien…

Michele Burger

Schalk Burger se fyn, blonde vroutjie is nie net pragtig nie. Haar klerestyl is ook modern, elegant en afgerond. Kyk net Michele en Schalk se mooi Desember-foto’s.

Morgan Smith

Krieketheld Graeme Smith se donkerkopvrou dra altyd die nuutste modes. Selfs wanneer sy agter die kleinspan aan hardloop, lyk sy mooi. Morgan en Graeme het verlede jaar ‘n babaseun ryker geword.

Jean-Marie Fourie

Deon Fourie het net nou die dag met die elegante Jean-Marie getrou. In haar trourok, by partytjies en op straat lyk sy elegant. Hier is foto’s van hul troue.

Danielle de Villiers

AB de Villiers se donkerkopvrou weet hoe om aan te trek – van ’n safari-hoed op hul wittebrood tot ’n oulike paar skoene. Jy kan Danielle altyd deur ’n ring trek. Ook op hul troue het sy pragtig gelyk.

Monja Matfield

Monja en Victor Matfield met hulle dierbare kroos maak altyd mooi foto’s. Monja se styl is elegant, simplisties en perfek vir ’n besige ma.

Imari du Plessis

Krieketkaptein Faf du Plessis se splinternuwe vrou lyk of sy ’n supermodel kan wees. Nie net trek sy altyd mooi aan nie, haar grimering en hare is ook goed afgerond.

Janine Habana

Brian se blonde vrou is pragtig en as ons foto’s kan glo, het Janine, ook ’n stylvolle klerekas. Kyk net hoe mooi lyk Janine terwyl sy en Bryan saam met nog bekendes vakansie hou in Europa.

Marthmari Morkel

Albie en Marthmari Morkel is saam met hul twee kinders ’n pragtige gesin. Met moderne klere en goedversorgde hare lyk sy altyd modelmooi en stylvol.

Christelle Steyn

Loftus se liefling, Morné Steyn, het ’n stylvolle en elegante vrou gekies om sy lewe mee te deel. Christelle lyk altyd mooi.

Sue Duminy

JP Duminy se sexy vrou volg die nuutste modes met grasie en styl. Sy lyk altyd beeldskoon, modern en asof sy baie pret het.