Het jy gehoor?

Top 12 motorkopies vir 2009

Waarde vir geld en suinig met die brandstof is wat verbruikers in hierdie moeilike ekonomiese tye van hul rygoed verwag. Dit is ook die faktore wat bepaal het watter motors pas die tydskrif CAR se lys van beste motorkopies gehaal het. Daar is 12 kategorieë.

 

As jy nie kan besluit watter motor om aan te skaf nie, kan dié lysie jou dalk help.

 

1. Bekostigbaarste – Chevrolet Spark

2. Beste ligte motor – Honda Jazz

3. Kompakte motor – Honda Civic

4. Klein weeldemotor – Mercedes-Benz C-klas

5. Weeldesedan – Jaguar XF

6. Groot weeldesedan – Mercedes-Benz S-klas

7. Luikrug (hot hatch) – Renault Mégane R26

8. Sportmotor – Porsche Boxster (afslaankap)

9. Veeldoelige sportnutsvoertuig (MP/SUV) – Mazda5

10. Kompakte sportnutsvoertuig (SUV) – Honda CR-V

11. Sportnutsvoertuig (SUV) – Mercedes-Benz ML-reeks

12. Dubbelkajuit-bakkie – Toyota Hilux