Het jy gehoor?

Top-50 beste restaurante in die wêreld – SA kry 2 plekke

La Colombe (in Kaapstad, sjef Luke Dale-Roberts) is aangewys as die beste restaurant in die Midde-Ooste en Afrika, plus dit lê onder die top-20.

In die 31ste plek (6 plekke boontoe van verlede jaar) is sjef Margot Janse en Le Quartier Francais in Franschhoek.

Restaurant Magazine Sjef van die Dekade is Ferran Adrià van El Bulli (wat terloops sy deure vanjaar sluit – lees die artikel op sarie.com)

Die wêreld se top-restaurant is egter Noma in Kopenhagen. Rene Redzepi, hul 32-jarige sjef, het die meeste stemme uit die paneel se 800 internasionale joernaliste en kos-ghoeroes gekry.

Die Europese restaurante het vanjaar die beste gevaar, met die Spaanse- en Italiaanse restaurante kort op hul hakke.

[box:350:grey:left]

Hier’s die top-20, klik by S.Pellegrino vir volledige lys

  1. Noma – Denemarke
  2. El Bulli – Spanje
  3. The Fat Duck – VK
  4. El Celler de Can Roca – Spanje
  5. Mugaritz – Spanje
  6. Osteria Francescana – Italië
  7. Alinea – VSA
  8. Daniel – VSA
  9. Arzak – Spanje
  10. Per Se – VSA
  11. Le Chateaubriand – Frankryk
  12. La Colombe – Suid-Afrika
  13. Pierre Gagnaire – Frankryk
  14. Hotel de Ville – Switzerland
  15. Le Bernardin – VSA
  16. L’Astrance – Frankryk
  17. Hof van Cleve – België
  18. D.O.M. – Brasilië
  19. Oud Sluis – Holland
  20. Le Calandre – Italië

[/box]