fashion_police_2
Het jy gehoor?

Top Gear en Fashion Police kry nuwe vroulike aanbieders

Twee bekende TV-reekse Top Gear en Fashion Police het onlangs gewilde aanbieders verloor – Top Gear moes vir Jeremy Clarkson groet en Fashion Police se skerpste tong, Joan Rivers, is verlede jaar oorlede.

Net gister het SARIE.com berig dat Jeremy Clarkson met die radio-omroeper Chris Evans vervang word. The Independent berig dat daar beslis ’n vroulike aanbieder op dié gewilde program gaan wees.

Chris Evans FOTO:  Twitter

Chris Evans FOTO: Twitter

Jeremy se mede-aanbieders Richard Hammond en James May gaan ook nie meer by die program betrokke wees nie.

Voorlopers om dié posisies te vul is die model Jodie Kidd (wat in die verlede al ’n gas op Top Gear was en die motor-program The Classic Car Show aanbied), die Britse akteur Philip Glenister en die motorfietsryer Guy Martin.

Jodie Kidd op die stel van The Classic Car Show

Jodie Kidd op die stel van The Classic Car Show

Fashion Police

Fashion Police gaan in Augustus weer op die lug wees – ten spyte van Kathy Griffin en Kelly Osbourne wat gesê het dat hulle nie weer gaan aanbieders wees nie.

Time berig nou dat Melissa Rivers, dogter van ontslape Joan, een van die nuwe aanbieders sal wees.

joan rivers

Variety sê dat die nuwe seisoen se programme ’n nuwe formaat sal hê: op elke program sal twee bekendes by die paneel, wat bestaan uit Giuliana Rancic, Brad Goreski en Melissa Rivers, aansluit.

Hul eerste program gaan op 31 Augustus uitgesaai word en hulle gaan praat oor die modekeuses van die gaste by die MTV Musiekvideo-toekennings.

Bronne: The IndependentTime en Variety