Het jy gehoor?

Top SA haarstilis doen die Kardashians se hare

Onlangs het hy die Kardashians se hare gedoen, en sy lys van bekendes sluit veel ander ook in. Ná hy op die ouderdom van 15 jaar in ‘n haarsalon begin werk het, het Saadique, ‘n self-opgeleide haarstilis vir die afgelope 18 jaar bewys juis hoekom hy een van die wêreld se bestes is. Hy doen ook gereeld SARIE se voorbladgesig se hare.

Kim, Saadique, Khloe

Noem maar ‘n tydskrif en Saadique was al daarin: die Britse en Italiaanse Vogue, ELLE, Cosmopolitan, Fairlady en Marie Claire.

En bekendes wie se hare hy al gedoen het? Charlize Theron, Elizabeth Hurley, die Kardashians, Kelly Rowland, Alicia Keys, Shakira en vele ander modelle.

Die Kardashian-susters en Saadique