FOTO Instagram / @torispelling

FOTO Instagram / @torispelling

Het jy gehoor?

Tori Spelling óók swanger met nommer vyf

Baba nommer vyf is op pad vir die Beverly Hills 90210-aktrise Tori Spelling en haar man, Dean McDermott. Soos die supersjef Jamie Oliver en sy vrou, Jools, wie se vyfde spruit vroeër vanjaar gebore is, sien hulle kans vir baie!

“Dit was ’n groot verrassing. Maar ons wou nog altyd ’n groot gesin gehad het,” het Tori aan People gesê.

Die paartjie is al vir tien jaar getroud en het reeds vier kinders, Liam (9), Stella (8), Hatti (5) en Finn (4). Dean het ook ’n 18-jarige seun, Jack, uit sy vorige huwelik.

Die pajamadril in so ’n groot gesin kan kwaai raak. Jamie het onlangs bekend gemaak dat hulle besluit het om ’n nagverpleegster aan te stel. Die egpaar het twee tieners, ’n 7-jarige, ’n 6-jarige en nóú ’n twee maande oue baba. “Dié keer het ons dit moeilik. Vir die eerste keer in my lewe moes ons ’n nagverpleegster aanstel.”

Lees nou

Ben Stiller se stryd met prostaatkanker

Roerende oomblik tussen prins Harry en siek seuntjie

Dié som laat grootmense stom