Marilyn Monroe Cover
Het jy gehoor?

R70 miljoen vir Marilyn se rok

Dis al byna 55 jaar sedert Marilyn Monroe in haar vleeskleurige rynsteen-bedekte Jean Louis-skepping “Happy Birthday, Mr. President” vir JFK gefluister-sing het … maar die wêreld se belangstelling daarin het nog nie getaan nie.

Dié beroemde rok, wat op die nippertjie aan Marilyn vasgewerk moes word, is op 17 November in Los Angeles vir die tweede keer opgeveil. Vir niks minder as $4,8 miljoen (sowat R70 miljoen) nie. En die koper? Die museum Ripley’s Believe It or Not!

Volgens The Guardian het die museum haar rok gekoop omdat dit een van die mees ikoniese items van popkultuur is.

“Ek kan nie aan een enkele item dink wat die storie van die 1960’s vertel soos dié rok nie,” het Edward Meyer, visepresident van Ripley’s Believe It or Not!

In 1999 het dit byna 1,3 miljoen dollar behaal, die meeste nog vir ’n enkele kledingstuk. Tussen 2 miljoen en 3 miljoen dollar word nou verwag, meen ’n Julien’s Auctions-woordvoerder. Marilyn is op 5 Augustus 1962, minder as drie maande ná daardie optrede, oorlede.

Kyk hoe het Marilyn op 19 Mei 1962 vir JFK “Happy Birthday” gesing:

Bron: Vanity Fair

Lees nou

Kyk wat het die Krugerwildtuin, Marilyn Monroe en Pooh-beer gemeen!

Was Marilyn regtig ’n nommer 12?

Aitsa, Kate Middleton word Marilyn Monroe!