Het jy gehoor?

Tot siens, Madiba – rus sag

Ons voormalige staatspresident, Nelson Rolihlahla Mandela, is Donderdag 5 Desember 2013 om 20h50 op die ouderdom van 95 jaar oorlede.

Dit was op 11 Februarie 1990 dat die wêreld se aandag op die suidelike punt van Afrika gevestig was. Nelson Mandela het in ’n netjiese grys pak hand aan hand met sy destydse vrou, Winnie Madikizela-Mandela, uit die Victor Verster-tronk net buite die Paarl gestap.

madiba

In sy toespraak aan die nasie het hy dit duidelik gemaak: hy verbind hom tot vrede, versoening en demokrasie. Net nege dae vroeër het president F.W. de Klerk die ANC ontban en aangekondig dat Mandela vrygelaat gaan word.

madiba

En vier jaar later het hy Suid-Afrika se eerste president geword wat in die Nuwe Suid-Afrika verkies is. Hy was ons geliefde Tata Madiba.

op_pad_madiba

Ons sal hom altyd onthou vir die inspirasie wat hy vir ons én alle Suid-Afrikaners, sowel as vir die wêreld, was. Ons sal hom onthou vir sy sin vir regverdigheid en sy liefde vir ons land. Ons sal altyd die dag onthou toe hy in sy nommer 6-trui saam met Francois Pienaar die Rugby-Wêreldbeker omhoog gehou het; al die kere dat hy die Madiba-shuffle in sy kleurryke hemde gedoen het; al sy mooi woorde vir ander en nederige woorde oor homself.

Sal ons ooit nié glimlag as ons sy krapperige stem oor die televisie of radio hoor nie?

Hy het 18 Julie vanjaar 95 jaar oud geword. Hy was 44 jaar oud toe hy lewenslank tronkstraf gekry het. Daarvan het hy 27 jaar uitgedien. Hierna het hy 23 jaar gehad om in vryheid te leef.

madiba

Die man Mandela is dalk nie meer met ons nie, maar die legende met sy vergewensgesindheid, nederigheid én inspirasie gaan ons lank nog bybly…

Madiba se 15 lewenslesse

Zelda la Grange gesels oor Madiba

Die gedig “Invictus” deur William Ernest Henley wat vir Mandela inspirasie in die tronk gebring het:

[box:full:red:both]

Out of the night that covers me,
Black as the Pit from pole to pole,
I thank whatever gods may be
For my unconquerable soul.

In the fell clutch of circumstance
I have not winced nor cried aloud.
Under the bludgeonings of chance
My head is bloody, but unbowed.

Beyond this place of wrath and tears
Looms but the Horror of the shade,
And yet the menace of the years
Finds, and shall find, me unafraid.

It matters not how strait the gate,
How charged with punishments the scroll.
I am the master of my fate:
I am the captain of my soul.

[/box]

HIERONDER is ‘n kort video oor Mandela se lewe:

Skryf jou boodskap vir Tata Madiba in die kommentaarboksie hieronder, of deel dit op ons Facebook of Twitter-blad