FOTO:  @chrisfroome

FOTO: @chrisfroome

Het jy gehoor?

Tour de France-wenner Chris Froome se dubbele goeie nuus

Die Britse fietsryer Chris Froome het pas die 2015 Tour de France gewen. In sy toespraak ná die oorwinning het hy bekend gemaak dat sy vrou, Michelle Cound, hul eersteling verwag.

Die paartjie is in November 2014 in Suid-Afrika getroud. Chris het op 14-jarige ouderdom saam met sy ouers na SA verhuis. Hy het sy hoërskoolloopbaan by St. John College in Johannesburg voltooi en daarna aan die Universiteit van Johannesburg studeer. Hy het ook hier sy loopbaan as padfietsryer begin.

Michelle het ook in Suid-Afrika groot geword ná sy en haar familie van Wallis af verhuis het toe sy 5 jaar oud was.

Sy en Chris is deur die Suid-Afrikaanse fietsryer Daryl Impey aan mekaar voorgestel en was vir twee jaar vriende voor hulle in 2011 begin uitgaan het, berig fabwags.com.

Michelle is op eie bodem as rekenaarprogrammeerder opgelei en het al vir Momentum en Investec gewerk. Alhoewel die paartjie in Monaco woon, werk Michelle vir die Suid-Afrikaanse platinum-mynmaatskappy Ingonyama Platinum. Sy is ook ’n amateur fietsry-fotograaf en hanteer Chris se publisiteit.

Hulle is verlede jaar op 9 November getroud.

Bronne: fabwags.com en Twitter

 Lees ook