Celine Dion
Het jy gehoor?

Emosionele Céline Dion praat oor man se kanker

Die trane het by haar wange afgerol terwyl Céline Dion onlangs oor haar man, René Angélil, se kankerstryd gepraat het in ’n openhartige onderhoud met ABC News se Deborah Roberts oor sy verswakkende toestand, berig Hello!

“Hy kan nie eet nie, so ek gee hom drie keer per dag kos,” het Céline gesê oor haar 73-jarige man en bestuurder wat aan keelkanker ly. “Hy word gevoed deur ’n voedingsbuis.”

FOTO: Twitter  @celinedion

FOTO: Twitter @celinedion

Céline het verlede Augustus vir ’n onbepaalde tydperk haar musiekloopbaan opsy geskuif nadat René vir die tweede keer met kanker gediagnoseer is. Toe hy in 1999 vir die eerste keer gediagnoseer is, het sy ook ’n tyd afgevat.

People berig dat sy verlede week bevestig dat sy wel in Augustus 2015 by die Colosseum in Caesars Palace sal optree: “My man wil hê ek moet weer sing en ek wil dit vir hom doen.”

“Ek belowe daar gaan hoë, gelukkige note wees, maar dit gaan ook baie emosioneel wees,” het sy bygevoeg.

Die paartjie is in 1994 getroud, en het drie seuns, Rene-Charles (14) en die tweeling, Nelson en Eddy (4).

Celine Dion

Bronne: Hello! en People

Lees ook