Het jy gehoor?

Travolta en Robin Williams in Old Dogs-fliek

Twee beste vriende (Robin Williams en John Travolta) se wêreld word lekker deurmekaar gekrap wanneer hulle onverwags na ‘n 6-jarige tweeling moet kyk. En dit terwyl hulle op die punt is om die grootste sake-transaksie van hul lewens te beklink.

Travolta se eie dogter, Ella Blue Travolta, speel die dogtertjie en Conner Rayburn, die seun.

Ken jou tweeling-feite:

Oudste
Eli Shadrack en John Mesha Phipps (VSA) gebore op 14 Februarie 1803 in Affinton, Virginia. Eli is oorlede op die ouderdom van 108 jaar, sy broer op 113.

Langste
Michael & James Lanier van Troy Michigan – 7’4

Kortste
John & Greg Rice van West Palm Beach, Florida – 2’10

Bekendes
Elvis Presley se tweelingbroer, Jesse Garon, is dood tydens geboorte

Mary-Kate & Ashley Olsen
Die TV-tweeling van Full House (hulle het wel dieselfde karakter gespeel, en mekaar afgelos…). Vandag besit hulle hul eie klere- en grimeer-reeks.

Jaroslaw en Lech Kaczyński het in Pole begin as kinder-akteurs en later was hulle terselfdetyd die Eerste Minister en President van Pole.

Justin Timberlake het ‘n tweelingsuster, Laura Katherine, gehad wat kort ná geboorte oorlede is.

Bron: Guiness World Records 2000-Millennium Edition en Wikipedia