Het jy gehoor?

Trend 2010: Ons gaan weer tee drink

Gaan krap solank agter in jou kas vir jou fyn porselein-koppies, want in 2010 gaan ons tee drink. Wêreldwyd is daar ’n ál groter aanvraag daarna. Volgens ’n onlangse studie is dit bewys dat tee reeds die drankie is wat die meeste gedrink word naas water.

Maar dink verby rooibos en Earl Grey. Spesialis tee-huise gaan spesialiseer in die meng van tee, byna soos wyn. Dink tee wat gegeur is met sitrus, rose of speserye. ’n Hele seremonie van tee!

Koffie-huise is reeds besig om al hoe meer ook te fokus op die tee-seremonie. Tee is baie meer kompleks as net ’n sakkie en water. Onlangs het ek ’n teehuis besoek en dit was ongelooflik, die passie en tyd wat die tee-meester in die koppie vasvang. Die water mag nooit warmer wees as 80 ˚C nie. NOOIT behoort tee met melk gedrink te word nie, en dis selde wat ons suiker sal byvoeg.

Kyk uit vir ’n wye reeks nuwe tees op die rak. Jy sal verbaas wees as jy sien wat selfs reeds op die mark is!