Trevor Noah
FOTO: Facebook

Trevor Noah FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Trevor Noah aanbieder op gewilde Amerikaanse program

Die SA komediant Trevor Noah was nog net 3 keer op die gewilde Amerikaanse TV-program The Daily Show, maar hy is vandag aangewys as opvolger van die huidige aanbieder, Jon Stewart. 

Jon, wat dié satiriese program reeds die afgelope 16 jaar aanbied, het twee maande gelede bekend gemaak weet dat hy later vanjaar gaan aftree.

The Daily Show met Jon Stewart as aanbieder

The Daily Show met Jon Stewart as aanbieder

Nou gaan Trevor Noah die nuwe gesig van die gewilde program raak. Hy vertel aan The New York Times dat hy eers vir ’n paar uur nie geglo het dat hy dié gesogte werk gekry het nie.

Jon het net die grootste lof vir Trevor. Hy sê: “Hy is ’n baie goeie en talentvolle komediant en ons hou daarvan om saam met hom te werk.”

Geluk, Trevor – jy maak SA trots!

Bronne: The New York Times en TIME