FOTO: Instagram trevornoah

FOTO: Instagram trevornoah

Het jy gehoor?

Trevor Noah deel van Vanity Fair se ‘seksistiese’ foto

Die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah, wat eersdaags The Daily Show begin aanbied, verskyn op ’n Vanity Fair-foto wat die “titane van laataand-televisie” vier. The Independent berig egter dat dié foto as seksisties beskou word, aangesien nie ’n enkele vrou daarop verskyn nie. 

Die foto, wat wys hoe die mans in hul netjiese pakke ’n drankie geniet, verskyn in Vanity Fair se Oktober-uitgawe. Volgens dié publikasie is laataand-televisie op die oomblik “beter as ooit tevore”.

Nie almal was gelukkig oor dié foto nie. Een vrou het sarkasties getwiet: 

Vanity Fair het wel later bygevoeg dat dit “belaglik” is dat vroue in 2015 steeds onderverteenwoordig is. Die komediant Samantha Bee, wie se program Full Frontal eersdaags die bogenoemde situasie gaan verander, het ook sosiale media gebruik om haar opinie te lig.

Bronne: The Independent en Vanity Fair

Lees ook