FOTO: Instagram trevornoah

FOTO: Instagram trevornoah

Het jy gehoor?

Trevor Noah – man van die oomblik

Die plaaslike komediant Trevor Noah, wat van volgende Maandag (28 September) af die gewilde Amerikaanse TV-program The Daily Show sal aanbied, is op die hele wêreld se lippe. 

Danksy ’n Twitter-veldtog is hy ook op eie bodem vereer toe hy gister op Erfenisdag as die eerste “Suid Afrikaner van die Jaar” gekroon is, berig Channel24Jan Braai, wat die Nasionale Braaidag-inisiatief begin het, sê die “Suid Afrikaner van die Jaar” is iemand wat met ’n enkele prestasie die hele land trots kan maak om Suid-Afrikaans te wees.

The Daily Show het verlede Sondag drie Emmy-toekennings in Los Angeles gewen. Trevor was daar en het baie stylvol gelyk op die rooi tapyt in ’n Ralph Lauren-pak.

  A photo posted by Trevor Noah (@trevornoah) on

Trevor het sosiale media gebruik om die eerste gaste bekend te maak wat volgende week saam met hom op The Daily Show sal verskyn.

Hoewel hy eers oor ’n paar dae amptelik die leisels oorneem, is hy reeds deur die Amerikaanse tydskrif Vanity Fair as een van die “titane van laataand-televisie” bestempel.

Die bedrywige 31-jarige sal by die nuwe Dubaise Komediefees (15 en 24 Oktober) die hoogtepunt van die fees wees wanneer hy as laaste gaskunstenaar optree.

Bron: Channel24 en Twitter

Lees ook