Trevor Noah saam met die bekende Amerikaanse komediant Lisa Lampanelli (FOTO: Twitter)

Het jy gehoor?

Trevor Noah op die Amerikaanse kassie met eie TV-program

Die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah het onlangs op sy Twitter-blad aangekondig dat hy binnekort sy eie televisieprogram in Amerika gaan hê. En Suid-Afrikaners kan verwag om, soos met Trevor se vertonings, te skater van die lag.

Die Amerikaanse akteurspaar Will en Jada Pinkett-Smith het glo Trevor se program aan Fox verkoop. Caleeb Pinkett (Jada se broer) wat self ’n komediant is, gaan dié program vervaardig.

Dié program is op sy eie lewe geskoei en sal ook elemente van sy vorige vertonings bevat. Dié 30 minute-lange program gaan op Fox Network (DStv-kanaal 125) uitgesaai word.

Dié komediant is al ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika en toer gereeld die land met sy  eenman-komedievertonings. Van dié vertonings wat Suid-Afrikaners vir hulself laat lag het, is Trevor Noah: The Daywalker, Crazy Normal, You Laugh but it’s True, That’s Racist en African American.

Trevor was ook die heel eerste Suid-Afrikaner wat op die Amerikaanse televisieprogram The Tonight Show with Jay Leno verskyn het en hy was ook op die stel van The Late Night Show with David Letterman. Hy begin binnekort met sy vertoning African American toer deur Engeland.

Hy het ook onlangs die Britse gehoor se harte gesteel op die algemene kennis-program QI. Kyk hoe baie hou die Britte van sy aksent en Miriam Makeba se “The Click Song”: