FOTO: Instagram trevornoah

FOTO: Instagram trevornoah

Het jy gehoor?

Trevor Noah kry noodoperasie & mediareuse reageer

Die bekende plaaslike komediant Trevor Noah, wat deesdae die aanbieder van The Daily Show in die VSA is, moes gister ’n noodoperasie kry, berig The Guardian.

Hy kon nie gisteraand die gewilde geselsprogram aanbied nie omdat sy blindederm uitgehaal moes word. Die TV-netwerk Comedy Central het in ’n verklaring gesê die operasie het goed gegaan en hy behoort weer Donderdag terug op sy pos te wees. Daar is gisteraand ’n heruitsending van ‘n vorige episode op dié program.

En as ons kyk na al die mediareuse soos Time, CNN en People wat oor sy operasie berig het, kan ons definitief sê dat Trevor nou ’n wêreldster is.

Bron: The Guardian

Lees ook