FOTO: Instagram trevornoah

FOTO: Instagram trevornoah

Het jy gehoor?

Trevor Noah maak gereed vir nuwe The Daily Show in snaakse video

Oor minder as ’n maand sal die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah die leisels as aanbieder van die gewilde The Daily Show in Amerika oorneem, berig Entertainment Weekly.

In dié skreeusnaakste video wag sy mede-aanbieders hom in by die ateljee met ’n kriektetkolf, ’n Springbok-rugbybal en ’n vuvuzela. Trevor probeer sy bes om hulle gerus te stel dat niks gaan verander as hy eers die aanbieder is nie. Dalk net die uitspraak van ‘zebra‘ …

Kyk die video hier:

Die eerste episode van The Daily Show with Trevor word op 28 September in Amerika uitgesaai.

Lees ook

____________

Wie’s ons VOORBLAD-WENNER? Kom kyk en kuier saam!

Dis ons aand van die jaar met glans, bekendes en ons Voorbladfinaliste. Wees op 6 September deel van die rooitapyt-geleentheid wanneer die twee kategoriewenners uit die 10 finaliste aangewys word, en één dan wegstap as SARIE Voorbladgesig 2015. Dis haar gesig wat op die Oktober-uitgawe van SARIE sal pronk, en jy sal eksklusief ’n eerste kopie van die tydskrif in jou hande kan hê. Moenie die opwinding misloop nie!

Optredes deur die sangers Joseph Clark, Corlea Botha en Joshua na die Reën, met Nadia Beukes as gasvrou, sal die aand selfs meer spesiaal maak. Maak seker jy kry plek – koop jou kaartjie nou!

VBGfader 1 voorbladgesig event

Lees meer HIER

Kry jou kaartjie HIER