FOTO Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images / Gallo Images

Het jy gehoor?

Trevor Noah tree voor Kate en William op

Catherine, die hertogin van Cambridge, en prins William gaan vir die eerste keer die Royal Variety Performance in Londen bywoon –  en die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah tree ook vanjaar by dié geleentheid op.

Die vertoning is ’n jaarlikse hoogtepunt met vertonings deur voorste musikante, komediante en dansers.

Trevor Noah FOTO: Facebook

Trevor Noah
FOTO: Facebook

Ander bekendes wat optree is Ed Sheeran, Ellie Goulding, Demi Lovato en die Britain’s Got Talent-wenners Collabro.

Kate, wat haar tweede kind verwag, het soos met haar eerste swangerskap aan erge oggendnaarheid gely. Sy kon verskeie funksies en afsprake nie bywoon nie, maar volgens die paleis gaan dit nou beter met haar gesondheid.

Kate, George en William vroeër vanjaar in Australië FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate, George en William vroeër vanjaar in Australië
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Bron: Hello!

Lees ook