Ricus Nel FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

#TrotsAfrikaans – Ricus Nel lei internasionale sangduo in

Die sanger Ricus Nel gaan die Australiese groep Air Supply se Kaapstadse konsert afskop wanneer die sagterock-duo in April in Suid-Afrika optree.

Die sanger bekend vir liedjies soos “Sak en pak” en “Spyt kom te laat” vertel dat hy as laerskoolseun in Rustenburg dikwels na Air Supply se treffer “All Out of Love” geluister het.

Elvis Blue en Dan Patlansky lei Bruce Springsteen in

“Ek weet net dit was ’n GROOOOOT song daai. Tydloos. Dis nou nog ’n hit!” sê Ricus in ’n persverklaring.

Hy besef dié optrede is een van daardie groot geleenthede wat soms net een keer oor jou pad kom. “Dis nie baie musikante wat daardie voorreg kry nie, veral nie Suid-Afrikaners nie.”

Ricus Nel en sy sangeres-vrou, Liza Bronner FOTO: Twitter

Ricus Nel en sy sangeres-vrou, Liza Brönner.
FOTO: Twitter

Elvis Blue en James Blunt saam op die verhoog

Ricus beplan om ‘n hele paar van sy eie treffers by die vertoning te sing, maar hy gaan ook ’n paar Engelse liedjies sing wanneer hy die gehoor laat gees vang vir Air Supply se optrede.

Dié duo het al meer as 100 miljoen albums wêreldwyd verkoop.

Melinda by Ricus Nel en sy vrou, Liza Brönner. FOTO: Twitter

Melinda Bam kuier by Ricus en sy vrou, Liza Brönner.
FOTO: Twitter

Ricus se vrou, Liza Brönner, is self baie betrokke in die musiekwêreld. Sy het verlede jaar die rol van Liefling in die gelyknamige verhoogproduksie gespeel nadat sy kykNET se werklikheidsreeks Jy is my Liefling gewen het.

Wat is jou gunsteling-liedjie van Air Supply?

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

I’m All Out of Love

Making Love Out of Nothing At All

Goodbye