FOTO: Elaine Otto Photography

FOTO: Elaine Otto Photography

Het jy gehoor?

TROUFOTO’S: Andriëtte Norman wys haar mooiste dag

Die Afrikaanse sangeres Andriëtte Norman het uiteindelik troufoto’s met haar aanhangers op haar Facebook-blad gedeel.

Sy het in die Junie-uitgawe van SARIE gesels oor hul verlowing en het gesê die lewe saam met haar man, Glen, is ’n avontuur.

“Hy laat my so veilig voel,” antwoord sy op ’n vraag hoekom hy die een vir haar is. Daar is gedeelde waardes en belangstellings, ja. Hulle gesels en lag lekker, kan saam bid. In die moeilike bedryf waarin sy is, is hy ook ’n skuiling. “Hy is altyd net daar. As ek van ’n vertoning af terugkom, sal hy wag met ’n bos rose, my rug masseer. Hy is baie romanties en koester my heeltyd. Ek het genoeg van die ander kant gesien om te weet dis wat ek in ’n man soek.

“Hy pas net oral in. Hy kan met enige mens oor enigiets praat. Tot jukskei. En daardie persoon gaan daarna opstaan en dink: Wat ’n oulike ou,”straal sy.

Hulle is op 13 Junie vanjaar getroud. Hier is ’n paar van haar pragtige troufoto’s.

Sommer nog enetjie.Ek sal so oor die tyd nog n paar opsit.xx

Posted by Andriette Norman on Monday, August 17, 2015

Posted by Andriette Norman on Monday, August 17, 2015

Lees nou