FOTO: Wendy Thomas, ART PHOTO

FOTO: Wendy Thomas, ART PHOTO

Het jy gehoor?

TROUFOTO’S: ‘As jy sing’-ster Leah se prag-troue

In As jy sing speel Leah juf. Elize de Bruin, die fisioterapeut en sportonderwyser wat mnr. Conradie (Bobby van Jaarsveld) se hart steel. Maar Saterdag, 30 November, het sy nadat Hennie meer as 5 jaar vantevore háár hart gesteel het, mev. Van Niekerk geword.

Leani (haar verhoognaam is Leah) en Hennie was vir meer as 5 jaar ’n paartjie voordat hy verlede Desember die ja-woord  gevra het. Hulle het mekaar op Stellenbosch ontmoet toe albei daar studeer het.

FOTO: Wendy Thomas, ART PHOTO

FOTO: Wendy Thomas, ART PHOTO

“Dit was die ongelooflikste dag van ons lewe en die lekkerste tyd saam met ons vriende en familie. Dit was intiem, romanties, mooi en vet pret!” vertel Leani oor hul troudag.

Die seremonie is by Kleinevalleij buite Wellington gehou en die onthaal was in die restaurant Festa op die landgoed. “Dis ’n baie unieke restaurant met interessante en quirky elemente, en dit pas baie goed by ons persoonlikhede.”

FOTO: Wendy Thomas, ART PHOTO

FOTO: Wendy Thomas, ART PHOTO

“My ma en stiefpa het my saam by die seremonie ingebring en my ma het my pragtige rok self gemaak! Ek het baie DIY-projekte aangepak vir ons troue. Dit was heerlik om byvoorbeeld die pinwheel-ruiker, die gaste se borsspelde en die vlaggies te maak en die bottels self te verf.”

“Die wind het ons heeltemal weggewaai en baie van ons planne omvergegooi, maar dit het ons nie in die minste gepla nie! Dit was ’n informele, gemaklike troue en het teen 10h in ’n neon party verander, met hoelahoepels en alles wat mal is!”

“Ons het ook nie ’n tafelplan gehad nie, want almal se plek was op die dansvloer!
Hannes, van die troubeplanningsmaatskappy Kraak, het gehelp om alles aanmekaar te slaan vir ons groot dag. Hy het omtrent ingespring toe ons planne moes verander omdat die wind so erg was.”

Leani en Hennie se trou-galery

(Klik op die foto’s om te vergroot)
 

Die kleurskema was pastelkleure, hoofsaaklik koraalrooi en mentgroen.

Hier is ’n voorsmakie van hul trouvideo:

Nóg oor Leah op SARIE.com:

Fotografie: Wendy Thomas, ART PHOTO
Hare en grimering: Elana Hugo
DJ: DJ Chopper
Beligting: Goeters
Spysenering: Malita Joubert