FOTO: Insatgram  @roz_kelly

FOTO: Insatgram @roz_kelly

Het jy gehoor?

TROUFOTO’S: Morné Morkel trou met sy Aussie

Die Protea-bouler Morné Morkel het vroeg in Desember met die Australiese nuusleser en sport-omroeper Roz Kelly getrou.

Die spogtroue is op die Zorgvliet Wynlandgoed by Stellenbosch gehou.

Roz het ’n romantiese trourok van sagte kant gekies en Morné het besonder aantreklik gelyk in sy blou pak.

Hier is van die foto’s wat op sosiale media gedeel is:

↞ Let’s frock & roll ↠ @steven_khalil @cmeintjes @kirstkl A photo posted by ↞ Roz Kelly ↠ (@roz_kelly) on

↞ here comes the … wedding album spam ⭐️ ↠ @steven_khalil @airliewalsh

A photo posted by ↞ Roz Kelly ↠ (@roz_kelly) on

↞ The Aussie Invasion #ShielasDoAfrica Frockin @grace_loves_lace @for.the.love.of.grace ↠

A photo posted by ↞ Roz Kelly ↠ (@roz_kelly) on

Morné het in Oktober verlede jaar tydens die Proteas se toer na Australië vir die eerste keer sy skoonouers ontmoet, het hy aan The Star vertel.

Die paartjie het in 2012 ontmoet en was tot onlangs in ’n langafstand-verhouding. Roz het haar heeltydse werk gelos en is nou ’n vryskutjoernalis.

Nóg ’n sportster trou

Die Britse Formule Een-renjaer Jenson Button en die onderklere-model Jessica Michibata het ook verlede maand in Hawaii getrou.

Die aantreklike jaer en die Japans-Argentynse model het in Desember 2008 begin uitgaan. Jessica het altyd gesê sy plaas Jenson se loopbaan eerste, maar het geen geheim daarvan gemaak dat sy eendag wil trou nie, berig Daily Mail.

Jenson het vir Jessica op Valentynsdag 2014 gevra om te trou – en die ring is glo sowat £250 000 (R4,5 miljoen) werd.

Jenson was ’n berugte playboy toe hy jonger was. Hy het verskeie meisies gehad, onder meer prins Harry se eksmeisie Florence Brudenell-Bruce. Maar dié kant sien Jessica nie. “Ek het gelees oor hom wat ’n playboy is, maar ek sien nie dié kant van hom nie,” het sy vroeër gesê. “Ons kyk flieks in die aande en maak soesji eerder as om na nagklubs te gaan.”

Jessica het pragtig gelyk in ’n tradisionele trourok en Jenson het ook ’n blou pak vir die geleenheid gekies.

Hello-magazine-of-the-front-coverLees nou