Het jy gehoor?

TROUFOTO’S: Prins Carl Philip en prinses Sofia van Swede

Nóg ’n koninklike troue wat ons verwagtinge oortref het. Die amptelike troufoto’s van die Sweedse koninklike troue wat Saterdag gevier is, is bekend gestel. 

Prins Carl Philip en prinses Sofia van Swede het Saterdag hul troudag met groot swier gevier. Die koninklike huis van Swede, Kungahuset, het amptelike foto’s van hul dag gedeel (blaai deur die galery onderaan dié artikel).

Die 36-jarige prins het met 30-jarige Sofia Hellqvist getrou. Sofia, nou ’n prinses, is ’n voormalige model en TV-realiteitster. Meer onlangs het sy begin om liefdadigheidsgeleenthede te reël. Sy het onder meer gehelp om die Project Playground op die been te bring – ’n organisasie wat kinders in Suid-Afrika se agtergeblewe gebiede help.

FOTO: Kungahuset Facebook

FOTO: Kungahuset Facebook

Prins Carl Philip is die enigste seun van koning Carl XVI Gustaf en koningin Silvia van Swede. Hy is die derde troonopvolger ná sy ouer suster, kroonprinses Victoria, en haar dogter, prinses Estelle.

Die troue is onder meer deur 5 Europese koninginne, ’n Japanse prinses en talle bloubloed-gaste bygewoon.

Blaai deur die galery vir die troufoto’s

Die prins en prinses met Sofia se gevolg. Tweede van regs is prinses Estelle, Carl se susterskind
FOTO: Mattias Edwall, Kungahuset

Die bruid se ouers (links), Marie en Erik Hellqvist, prinses Sofia, prins Carl Philip, en die bruidegom se ouers, koningin Silvia en koning Gustaf van Swede
FOTO: Mattias Edwall, Kungahuset

Die paartjie met hul sibbe. (Van links na regs) Sara Hellqvist, Lina Hellqvist, prinses Victoria en prinses Madeleine
FOTO: Mattias Edwall, Kungahuset

Al die koninklike gaste, wat insluit: Koningin Máxima van Nederland, koningin Mathilde van België, prins Nikolaos en prinses Tatiana van Griekeland, prins Haakon en prinses Mette-Marit van Noorweë, prins Frederik en prinses Mary van Denemarke, koningin Sonja van Noorweë en koningin Margrethe II van Denemarke
FOTO: Mattias Edwall, Kungahuset

Pasgetroud en gelukkig
FOTO: Mattias Edwall, Kungahuset

Bronne: Hello! en CNN