Het jy gehoor?

Trouklokke lui vir Meg Ryan

Hulle is al vir ses maande ’n paartjie en het hul verhouding bekend gemaak slegs dae ná John van sy vrou, die gewese supermodel Elaine Irwin, geskei is.

John het 5 kinders uit drie verskillende huwelike en Meg het ’n 19-jarige seun by haar gewese man, akteur Dennis Quad, en ’n 14 maande ou dogtertjie, Daisy True, wat sy in China aangeneem het.

Die twee het ontmoet op die stel van die musiekproduksie Ghost Brothers of Darkland County, waarin Meg stemwerk gedoen het. John was medevervaardiger.

  • Lynn

    Meg Ryan, julle hollywood mense sal ook nie leer nie, hy is al reeds 3 keer geskei en seker nie vir geen rede. As ek jy is hardloop ek eerder weg so vinnig as wat ek kan want gee dit so nog 3 jaar en jy is nog n statistief.

  • Lindy

    Ek is so bly sy het uiteindelik weer geluk gevind! Nog altyd mal oor haar & haar flieks.

  • Alet du Toit

    Trou? wat beteken trou vir hierdie Hollywood mense?

  • Monica

    Om darem na 6 maande te wil trou en dit met n man wat 5 kinders het!! Net n kwessie van tyd voordat sy weer in die skeihof staan.

  • Elize

    Trou in Hollywood beteken dieselfde vir my as of mense onderklere uittrek en verander!!! Ek myself is al 2 x geskei, en sal dit nie ‘n derde keer wil deurgaan nie – hoeveel keer wil mens dan nou seerkry!!!