princeharry_getty
Het jy gehoor?

Trouklokkies vir prins Harry?

Prins Harry beplan moontlik om voor die einde van die jaar op sy knie te gaan en vir sy meisie, Cressida Bonas, die groot vraag te vra…

Die 28-jarige prins gaan al sedert verlede jaar Julie met dié dansstudent uit, maar hul verhouding het skielik ‘n ernstige rigting ingeslaan. Is daar dalk ‘n verlowing op pad? Harry en Cressida het verlede week op ‘n romantiese Afrika-safari in Botswana gegaan – iets wat die gerugte net sterker aangevuur het. Broer William het vir Kate tydens ‘n Afrika-safari gevra om te trou …

Prins Harry flankeer in Afrika

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Die vrou wat Harry se hart gesteel het, Cressida Bonas

Volgens ‘n bron het Harry verklap dat ‘n verlowing dalk nader is as wat ons dink. Soos wat dinge nóú lyk, kan die groot vraag teen die einde van die jaar gevra word en kan ons ‘n lente-troue verwag, as ons dié bron kan glo. ‘n Paar omstanders het ook gehoor toe Harry aan iemand erken dat Cressida ‘die een’ is en dat hy haar baie graag sal wil vra om te trou.

Ons Katryn ontmoet prins Harry!

Die safari in Botswana is reeds ‘n bewys hoe ernstig dié jong prins is oor sy blondine is. Hy was voor die vakansie in Angola om saam met die HALO-trust te werk. Diana was ‘n groot ondersteuner van dié organisasie wat hom ook nou na aan die hart lê.

Cressida, wat onlangs haar graad aan die Trinity Laban Conservatoire of Music and Dance in Greenwich gekry het, vermy die openbare oog so ver sy kan. Die paartjie is ook baie versigtig om saam afgeneem te word.

Prins Harry: Ek sal vir prins George oppas

Ons wag in spanning vir die groot nuus!

Bron: Daily Mail