FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Trouplanne! Brad Pitt en Angelina Jolie

Brad Pitt en Angelina Jolie beplan nie net één seremonie nie, maar wil sommer vier keer regoor die wêreld feesvier!

Die paartjie wat in 2012 verloof is, se trou-feesvieringe gaan omtrent ’n besige affêre wees! Dié seremonies gaan glo volgende week in Australië begin waar Angelina die regie van Unbroken behartig.

Alhoewel dié fliek in Sydney geskiet word, sal hul eerste seremonie by Ayers-rots (Uluru) plaasvind – ’n sandsteenformasie wat met sonsopkoms en -ondergang rooi “gloei”. Dié geleentheid sal glo naby Brad se verjaarsdag wees en hierdie jaar vier hy ’n groot een. Brad word 18 Desember 50! ’n Bron het aan die Daily Star-koerant gesê dat dit ’n Austrailiese inheemse trouseremonie sal wees wat met sonsopkoms plaasvind.

Die paartjie wat in 2012 verloof is, gaan dan glo vroeg in 2014 wettig trou in ’n baie intieme seremonie in Los Angeles of New Orleans. Hierna reis hulle na die Bahamas vir ’n feesviering op die strand – ’n eiland na aan Angie se hart. Sy het haar ma, Marcheline Bertrand wat op 56-jarige ouderdom aan kanker van die eierstokke oorlede is, se as hier gestrooi.

Die finale partytjie sal op hul Franse landgoed Château Miraval in die suide van Frankryk gehou word. Dit sal glo in Mei plaasvind, dieselfde tyd as die Cannes Filmfees.

Brad, Angelina en hul kroos FOTO: Gallo Images / Getty Images

Angie en Brad is die ouers van 6 kinders – Maddox (12), Pax (9), Zahara (8), Shiloh (7) en die tweeling Knox en Vivienne (5) FOTO: Gallo Images / Getty Images

Bron: Contact Music