trouvoete
Het jy gehoor?

LOKPRENT: Trouvoete

“Hierdie is nie ’n liefdesverhaal nie. Dit is ’n verhaal oor liefde.” Só word die nuwe plaaslike fliek Trouvoete beskryf. Dit is ook glo die eerste Suid-Afrikaanse Kersfliek. 

Bekende gesigte soos die akteurs Bouwer Bosch, Lika Berning en Erica Wessels is te sien in dié Afrikaanse romantiese komedie.

Die regisseur, Darrell Roodt, vertel al die akteurs is met die hand uitgesoek. Hy kon veral nie uitgepraat raak oor Bouwer Bosch, wat die hoofrol vertolk, nie: “Hy is ’n besonders talentvolle akteur en kom baie natuurlik voor. Al die fliek se akteurs is talentvol, maar Bouwer maak hulle selfs beter, meer real.”

Die storie: 

Lika vertolk die rol van Magriet Gouws, die jonger suster van die hoofkarakter, Ella, gespeel deur Erica Wessels). Dit lyk of die stylvolle Magriet alles het waaroor Ella nog altyd gedroom het, want dié staan op trou en werk as modeskrywer by ’n glanstydskrif. Kan Ella, die vaal muurblommetjie, voor die einde van die fliek liefde vind en dalk vir haar jonger suster ’n les of twee leer?

Hier is die lokprent van Trouvoete wat 18 Desember landwyd in teaters begin draai.

Lees ook 

ZZZ

Lees meer hier!