samantha harris tydskrif voorblad
Het jy gehoor?

TV-ster Samantha Harris se skok ná dubbele mastektomie

Die Amerikaanse TV-aanbieder Samantha Harris moet nou, nadat sy April met borskanker gediagnoseer is én ’n dubbele mastektomie gehad het, chemoterapie kry.

Samantha Harris het bekendheid verwerf toe sy die Amerikaanse werklikheidsreeks Dancing with the Stars aangebied het en later ook as korrespondent vir Entertainment Tonight gewerk het.

Volgens New York Daily News en Peoplehet sy in Mei ’n dubbele mastektomie ondergaan nadat sy in April ’n knop in haar bors gevind het. Sy het gedink dít sal die einde van haar stryd wees. Maar het slegte nuus gekry.

Angelina Jolie se dubbele mastektomie

Nie net moes die chirurg tydens dié prosedure al haar limfkliere verwyder nie, haar mediese span het ook gevind dat die kanker reeds versprei het. “Ongelukkig beteken dit gewoonlik chemoterapie,” het sy aan New York Daily News vertel. Lees die volle artikel hier.

Angelina Jolie se chirurg praat oor haar mastektomie

“Die gedagte van chemo maak my bang, maar ek ken soveel inspirerende vroue wat dit deurgemaak het.” Samantha sê ook dat sy ’n positiewe gesindheid wil inneem.

Haar diagnose het gekom nadat sy tydens ’n selfondersoek ’n knop in haar regterbors gevoel het. Sy het ’n borskanker-spesialis gaan sien en ’n biopsie en knopverwydering ondergaan voordat die dokter haar amptelik met borskanker gediagnoseer het.

Borskanker: eers Ma, toe ek

Samantha het onlangs gesê dit het kort ná haar diagnose gevoel of daar ’n olifant op haar bors gesit het voordat sy besluit het om die dubbele mastektomie te ondergaan.

“Ek was moeg daarvoor om te voel soos in die dae net ná my diagnose. Ek het geweet dis nodig om weer beheer te neem en ek het weer kalmer gevoel.”

Ondanks haar vrese, bly Samantha, wat met die finansier Michael Hess getroud is, positief. Sy en Michael het twee dogters, Josselyn (6) en Hillary (3).

Lees ook HIER ons borskanker-blogger Joyce Kuter se verhaal.

Bron: New York Daily News & People