FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Baba op pad vir TV-sterre ná vele terugslae!

Kykers van The Style Network-realiteitsreeks, Giuliana & Bill, “loop” al ‘n hele ruk die wipplank-paadjie na swangerskap saam met Giuliana (37) en Bill Rancic (40). Ná vrugbaarheidsbehandeling, ‘n miskraam, borskanker en ‘n dubbele mastektomie het Giuliana, bekende aanbieder van E! News en The Fashion Police, aangekondig dat hul eersteling met die hulp van ‘n surrogaat op pad is.

Die paartjie weet reeds wat die geslag van hul baba is, maar probeer dit so lank moontlik ‘n geheim hou. Volgens berigte woon die surrogaatma in ‘n ander staat, maar die paartjie vergesel haar met elke doktersbesoek.

* Kyk die video waarin Giuliana en Bill die goeie nuus op die Today Show met kykers deel.

* Het jy ook ‘n soortgelyke storie? Deel jou storie met ons.

  • Alma Liebenberg

    Dis uitstekende nuus !!!! so so bly vir hulle !!! Volg hulle programme altyd en dis so oulike liefdevolle ‘celebrity’ paartjie !!! Het nog altyd gewens dat so droom vir hulle sal waar word, kan nie wag om hulle gesigte te sien as hulle daai bondeltjie vir die eerste keer in hulle arms vashou nie !!! Prys die Here daarvoor !!

  • Andriesa Nel

    Ek en my dogter kyk graag hulle program, hulle is 2 pragtige mense, mal daaroor as hulle met mekaar grappies maak. Hulle sal 2 liefdevolle ouers vir die komeling wees. Baie geluk julle.

  • H Redelinghuys

    Dit is fantastiese nuus. Ek is so bly vir hulle part!

  • Amanda

    Ek is baie bly dat daar ‘n baba aan die kom is. Ek kyk graag na hulle program,want hulle is twee mense wat regtig lief is vir mekaar en hulle huwelik maak werk-kom wat wil!

  • Wilma

    Mal oor die program. So bly vir hulle, hulle gaan baie goeie ouers wees