Het jy gehoor?

Twee biografieë begin vandag draai – watter een gaan jy kyk?

Die langverwagte flieks oor Diana én Steve Jobs begin vandag draai. Wat sê die kritici en watter een gaan jy kyk?

Naomi Watts het voor die uitreiking van dié fliek gesê sy is bekommerd oor hoe die publiek haar vertolking van die geliefde Diana gaan ervaar. En haar ergste verwagtinge het waar geword. Deur die bank kry Diana slegte resensies – alles van feitefoute tot ongeloofwaardige spel en ’n swak draaiboek.

Naomi Watts se rok by Diana-première: JA of NEE

Naomi Watts as Diana. FOTO: Gallo Images / Getty Images

Naomi Watts as Diana, FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jobs word nie te sleg ontvang nie, maar kritici meen ook dat die draaiboek ’n oppervlakkige blik op Steve Jobs gee en dat Ashton dit nie volkome regkry om dié tegnologie-legende se wese vas te vang nie.

Nieteenstaande gee biografiese films vir ons ’n lewende blik op bekende mense wat die meeste van ons net deur die media leer ken het.

WATTER EEN VAN DIÉ FLIEKS GAAN JY KYK?

BRON: The Hollywood Reporter

LOKRENTE:

Diana

Jobs