FOTO Instagram / @kensingtonroyals

Het jy gehoor?

Twee Charlottes bekoor ons harte

Een woon in Suid-Afrika, een woon in Engeland. Albei se ma’s is stylvol en beeldskoon. Albei se pa’s is sjarmant. Ja, Charlotte James Malherbe en prinses Charlotte van Cambridge het vanjaar behoorlik ons harte gesteel.

Op 6 Desember het die Afrikaanse aktrise Rolanda Marais en haar regisseur-man, Jozua Malherbe, hul eersteling verwelkom. Ons kan net dink watter stories klein Charlotte by haar ouers gaan hoor.

Kyk die oulike foto’s hier: 

FOTO Facebook / Rolanda Marais

FOTO Facebook / Rolanda Marais

Op 2 Mei 2015 het die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate Middleton, hul tweede kind verwelkom. Sedertdien het prinses Charlotte harte die wêreld oor bekoor én selfs die kollig van haar ma, Kate, gesteel.

Kyk net hoe groot het sy geword:

FOTO: Instagram / @KensingtonRoyal

FOTO: Instagram / @KensingtonRoyal

 

FOTO Twitter

FOTO Twitter

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

FOTO Instagram / @Kensingtonroyals

FOTO Instagram / @Kensingtonroyals

In September 2016 was prinses Charlotte op haar eerste ampsbesoek saam met haar gesin in Kanada. Sy en haar ouboet, prins George, het natuurlik gesorg dat talle harte smelt.

Hier’s oomblikke uit hul toer:

Lees nou

FOTO’S: Aktrise Rolanda Marais se sprokiestroue

Kate Middleton se stokperdjie

Jy grimeer soos Kate Middleton!