Het jy gehoor?

Twee geheime uit nuwe 007-boek

Die bekende skrywer Jeffrey Deaver se nuutste James Bond-boek is op pad.

Mnr. Bond bevind homself in sy jongste avontuur in Kaapstad. Hy gaan in die Cape Grace Hotel tuis, drink van die land se beste wyne op Franschhoek en eet selfs bobotie terwyl hy ’n reuse- terroriste-aanval probeer voorkom.

Die ander geheim is dat James aan die einde van die boek nie sy kenmerkende martini drink nie. Dié keer drink James Bond ’n glas vonkelwyn. En nie sommer enige vonkelwyn nie, hoor! Hy drink Cuvée Clive van Graham Beck Wines.

Dié gesogte vonkelwyn is deur President Barack Obama gedrink nadat hy as Amerikaanse president ingehuldig is. Oudpresident Nelson Mandela het ook daarvan gedrink toe hy in 1994 as president van SA ingehuldig is.

  • Bacchus

    Is hierdie n advertensie vir Cuvée Clive?