twitter
Het jy gehoor?

Twee Spice Girls sweer by dié dieet + ons kenner sê of dit werk

Die 39-jarige Mel C het onlangs besluit om beheer oor haar gewig te neem nadat sy ‘n geruime tyd daarmee gesukkel het. Nie net oefen sy hard nie (sy het die afgelope Saterdag aan ‘n driekamp deelgeneem), sy kry haar dieet-advies van haar ou vriendin Victoria.

Só verloor Villa Rosa-ster 15 kg  

Mel C
Victoria Beckham

Die 39-jarige Victoria, wat al in die verlede daarvan verdink is dat sy aan anoreksie ly, is ‘n voorstander van die alkaliese dieet. Die dieet is gebaseer op die idee om kos te eet wat die liggaam se pH tussen 7.35 en 7.45 hou. Dit is glo ideaal vir gewigsverlies.

Op dié dieet moet jy kosse soos stysel-agtige grane en groente, suiwel, vleis en vis vermy wat suur kan veroorsaak.

Hier is 7de Laan se Bertha se dieet

Melanie glo ook nou in hierdie streng dieet. “Ek voel uitstekend! Ek het baie energie en hoef nie ‘n dag van oefening te mis omdat ek moeg is nie. Ek het voorheen gedink ek weet van voedingswaardes, maar ek is verbaas hoe groot verskil jou suur-balans maak.”

Só het Andriëtte 10 kg verloor

Wat sê die kenner?

Die dieetkundige Mariza van BeterEet™ sê wanneer dié dieet reg gebruik word, kan dit jou wel help om gewig te verloor, omdat ‘n groot oorsaak van oorgewig-wees die onderliggende ‘suur’ in jou lyf is.

Lees wat sê Mariza oor dié dieet hier:

Dieetkundige Mariza blog: Die nuutste ‘celeb’-gier, die alkaliese dieet

en hier:

Dieetkundige Mariza blog: Jou lyf en suur