kids_just_jared
Het jy gehoor?

Tweelinge net waar jy kyk – Mariah Carey s’n is op pad!

Hulle wou eintlik die nuus uit die media hou, maar Mariah het haar mond verbygepraat. Sy het met Michelle en Barack Obama gesels by ’n geselligheid waar sy vir die presidentspaar in Washington opgetree het – sy het na haar babas in die meervoud verwys. Nick het toe maar amptelik die nuus gebreek op sy radioprogram, Rollin’ with Nick Cannon.   

Dit lyk asof daar deesdae iets in die water is in Hollywood, want kyk net hoe baie ander bekendes het ook tweelinge:

Angelina Jolie en Brad Pit se Vivienne en Knox

Jenifer Lopez en Marc Anthony  se Max en Emme

Celine Dion en Rene Angélil se Nelson en Eddie

Charlie Sheen and Brooke Mueller se Bob en Max

Julia Roberts en Danny Moder se Phinnaeus en Hazel

Patrick Dempsey (McDreamy van Grey’s Anatomy) en sy vrou, Jillian, se Darby en Sullivan   

Dennis Cauad en sy vrou, Kimberly se Thomas en Zoe

Micheal J Fox en  Tracy Pollan se Aquinnah en Schuyler

P Diddy en Kim Porter se D’lila en Jesse

Marcia Cross (Brie van Desperate Housewives) en Tom Mahoney se Eden en Savannah

Lance Armstrong en Kristen Richard se Isabelle en Grace

  • Deirdré Verster

    ek mag verkeerd wees, maar ek dink meeste van hulle het hormoon aanvullings of inplantings gebruik om swanger te raak, daarom al die tweelinge!!!!!

  • kate

    ek stem saam, hulle wil soveel moontlik kinders kry op een slag sonder om weer swanger te raak, dit is nie goed vir hulle figure nie.