Het jy gehoor?

Twiet-twiet: Kyk wie bied in 2011 die Oscars aan

Ons het ‘n voëltjie (OK Magazine) hoor fluit dat Anne Hathaway en James Franco die 83ste Oscars-seremonie op 27 Februarie 2011 sal aanbied. Op die amptelike Oscars-Twitterblad is die volgende getwiet: “OFFICIAL: James Franco & Anne Hathaway to host #Oscars – Tweet them your advice! #OscarsHosts”

Hathaway was al self voorheen vir ‘n Oscar benoem vir haar rol in Rachel Getting Married. Sy is tans besig met die bemarking van Love and Other Drugs, saam met Jake Gyllenhaal. (Kyk die voorskou hieronder.)

Franco het onlangs in Eat Pray Love teenoor Julia Roberts verskyn.

Volgens die vervaardigers van die Oscars-geleentheid is hulle juis gekies omdat hulle die volgende generasie silwerdoek-ikone voorstel. In 2010 het veterane, Steve Martin en Alec Baldwin, saam met die Australiese hartebreker Hugh Jackman die show aangebied.

James Franco