Het jy gehoor?

Twilight Eclipse-parfuum NOU beskikbaar!

Vir al die Twilight aanhangers is daar goeie nuus! Nou kan jy soos jou gunsteling-karakter ruik berig www.cocoperez.com.

Dit word verkoop in reekse volgens die karakters in die boeke, Bella, Edward of Jacob. Dié reeks bestaan uit ’n parfuum met note van laventel en freesia, ’n stortjel en natuurlik lyfroom wat jou sal laat glim asof jy ’n regte vampier is!

Jy kan dit alles saam met jou spesiale Bella-lipglans in ’n Eclipse-grimeersakkie bêre.