Het jy gehoor?

U2 is byna hier, en hulle veroorsaak ’n omwenteling!

U2 is Sondagaand in Johannesburg en volgende naweek in Kaapstad – die eerste keer wat hulle in SA optree sedert 1998.

Dié vertonings wat plaasvind in onderskeidelik Soccer City en die Groenpunt-stadion, wat vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi gebou is, vorm deel van U2 se 360°-toer.

Die naam van die toer is 360°, omdat die groep verkies om die gehoor reg rondom die verhoog te hê. Met al hul optredes word die verhoog in die middel van die stadion opgerig, en al die gras moes uit die stadions verwyder word vir die konserte.

“Suid-Afrika het tans die beste stadions in die wêreld en Bono en die res van die band sien baie daarna uit om hier te speel,” sê Paul McGuinness, hul bestuurder.

Die verhoog, wat reeds in Soccer City opgerig is, is byna 46 m hoog, dit het roterende brûe en video om die gehoor se 360°-belewenis te vervolmaak.

Dit gaan ongelooflik wees! Ongelukkig is daar nie meer kaartjies beskikbaar nie, maar as jy een van die gelukkiges is wat wel een het, gaan dit ‘n ervaring wees wat jy nie gou gaan vergeet nie. Geniet dit!

Kyk na foto’s van hoe die 360°-verhoog opgerig is:

 

 

  • kPUwAe xchlwskeroif, [url=http://lgyzkiubmaax.com/]lgyzkiubmaax[/url], [link=http://okjyykqdzdcw.com/]okjyykqdzdcw[/link], http://kucsgkhhffrg.com/