Het jy gehoor?

Ugly Betty-ster trou stil-stil

Dit was ‘n intieme geleentheid waar slegs goeie vriende en familie teenwoordig was, berig people.com.

Toe hulle verloof geraak het, het die media ook eers daarvan uitgevind toe sy verlede jaar by die Edinburg-filmfees met ‘n verloofring aan haar vinger op die rooi tapyt verskyn het. 

Haar rok was uit Amsale se Christos-reeks, en sy het oorbelle deur die ontwerper Fred Leighton gedra.

America en Ryan het as studente aan die Suid-Kalifornië-universiteit ontmoet.

  • Elsje Holmes

    Ek het altyd geweet America Ferrera is n pragtige vrou en ek het die reeks verskriklik baie geniet. Ek wens die bruidspaar net geluk en voorspoed toe. Mag hulle baie gelukkig wees.

  • Marlene

    Dis ‘n pragtige understated rok !