toi8941
Het jy gehoor?

Uit die Laan: Annelie se modes vóór Maandag se bekendstelling!

Arme Annelie se senuwees is behoorlik getoets die afgelope paar weke. Alles wat moontlik verkeerd kon loop, het! Eers was dit die fiasko met die lap wat handgeverf moes word wat glad nie uitgekom het soos sy dit wou hê nie; toe brand die sirkusrekwisiete vir haar funksie tot as. Boonop verstuit Felicity, wat haar show stopper moet dra, haar enkel  – wat summier die einde van daardie plan was.

Uiteindelik – en ten spyte van al die tantrums wat Gloria by die fabriek gegooi het – is die uitrustings klaar en dit lyk beslis na iets ongewoons.

Kyk Maandag, 15 Julie, na die modeparade.