FOTO: Instagram

FOTO: Instagram @rachellynnthomas

Het jy gehoor?

Uitgebrand? Dis dalk jou slimfoon!

Ons leef in 2 wêrelde – die regte een en ’n virtuele een. Deesdae is ons meer aanlyn as wat ons slaap en dit saai verwoesting. Ons verloor fokus, sukkel by die werk, raak gestres en ons emosies ry wipplank. En ja, dit het ’n naam: digitale uitbranding. 

PROBEER DIE VOLGENDE

Dion Chang, tendenskenner

  • Doen elke 50 minute iets wat nie digitaal is nie. Maak koffie, loop ’n draai, staar by die venster uit, luister na die voëls en wees ’n paar oomblikke stil.
  • Probeer een ding op ’n slag doen, want die brein werk dan die beste. Multi-taakverrigting (om verskillende goed gelyktydig te doen) is teenproduktief en sleg vir kreatiewe denke. (Sien kassie op bl. 145.)
  • Vat regtig tydens die Kersvakansie of jou jaarlikse verlof ’n breek. (Dis dikwels net ’n dolle gejaag.) Neem in die middel van die jaar ook ’n blaaskans en beplan langnaweke weg. Besoek plekke waar jy digitaal kan “detoks”, soos die bos.

Casper Oelofsen, bewustheidskenner

  • Lees en beantwoord e-posse slegs twee keer per dag op spesifieke tye.
  • Beywer jou vir ’n e-posbeleid by jou maatskappy. Byvoorbeeld: As jy ’n dringende e-pos stuur, laat weet die res van die span per SMS. Jy hoef dan nie bekommerd te wees jy gaan iets dringends mis nie.
  • Lees eerste die e-posse wat laaste inkom. Dit speel dikwels klaar met die oueres. ’n Dringende saak wat vroeër aangeroer is, is dalk intussen afgehandel.

Hermann du Plessis, leierskap-spesialis

Maatskappye

  • Hersien riglyne oor digitale kommunikasie.
  • Hou op om afskrifte van e-posse aan almal te stuur as dit inligting bevat wat niks met hulle te doen het nie.
  • Dissiplineer mense wat onnodig kommunikasie versprei. “Van my kliënte verkies om een dag per week net van aangesig tot aangesig te kommunikeer.”

Individue

  • Dissipline is noodsaaklik, nes met TV en ander vorme van ontspanning.
  • Nes jy jou kredietkaart opknip en weggooi, moet jy dalk jou Facebook- en Twitter-profiele heeltemal skrap.
https://instagram.com/varukablue/

FOTO: Instagram @varukablue

KONTAK

  • Dion: www.fluxtrends.com
  • Casper: 083 284 3577, casper@mindfulleadership.co.za, www.mindfulleadership.co.za
  • Hermann: hermann@ttli.co.za, www.ttli.co.za
    Hanrie: 021 788 4820, www.pro-activecommunications.co.za

Dié inligting kom uit die artikel “Uitgebrand? Dis dalk jou slimfoon” in ons Maart-uitgawe. Dié uitgawe is ongelukkig nie meer op die rakke nie, maar kan steeds digitaal afgelaai word.