Diane Keaton onlangs op The Ellen DeGeneres Show FOTO: Instagram ( @theellenshow)

Het jy gehoor?

Uittreksel uit Diane Keaton se nuwe boek, Let’s Just Say It Wasn’t Pretty

Diane Keaton voel op 68 die uitwerking van die jare – van hare wat verkleur tot geheueverlies. Sy het selfs al ’n “oumens-stem”, soos sy dit noem. Maar dit hou beslis nie dié sprankelende aktrise terug nie! The Daily Beast het onlangs ’n uittreksel uit haar nuwe boek, Let’s Just Say It Wasn’t Pretty, gepubliseer.

Lees die volledige artikel hier op The Daily Beast hier.

Uittreksel uit Diane se boek (deur SARIE.com vertaal)

Ek sê vir myself ek is vry om met my lyf te doen nét wat ek wil. Hoekom nie? Ek is dalk ’n spotprent van my ou self; ek dra steeds breëbelt-jasse, ’n uilbril en in die somer ’n polonek. Wat daarvan? Niemand gee om behalwe ek nie. Ek sien niks verkeerd met face-lifts of botox nie. Hulle vee maar net die versteekte oorloglittekens uit. Ek is van plan om myne te dra, soort van. Wel, dis wat ek vir myself vertel.

Elke liewe een van ons se lyf gaan agteruit. Ons is minder aktief. Ons het plooie en lewervlekke. Ek wil dit waag om te sê die meeste van ons het al regmakertjies gesoek vir dié onooglike probleme. En hoekom nie?

KLIK HIER om die res van die uittreksel, gepubliseer op The Daily Beast, te lees.

Let's just say it wasn't pretty, Diane Keaton

Let’s just say it wasn’t pretty, Diane Keaton