Anne Hathaway FOTO: Gallo Images / Getty Images

Anne Hathaway FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Anne Hathaway sukkel met haar hare

Anne se kort haarstyl was op almal se lippe, maar nou sukkel sy om dit te laat teruggroei. Sy neem  vrugbaarheidsvitamiene om dit vinniger te laat groei, maar dit lyk asof niks wil help nie.

Anne wou graag haar hare vir vanjaar se Oscars al langer gehad het, maar niks help nie. ‘n Bron het aan The National Enquirer gesê sy is bang haar hare groei nooit terug nie en dat sy vir ewig haar kort manshaarstyl sal hê.

Anne Hathaway

FOTO: Russel Crowe, Anne en Hugh Jackman by die première van Les Misérables

Anne Hathaway se nuwe blonde hare

Anne het glo al verskillende behandelings probeer, soos kopmasserings met warm olie en selfs eiers in haar hare laat vryf, maar niks het gewerk nie. Die vrugbaarheidsvitamiene wat sy nou drink is glo deur ‘n vriend aanbeveel. Maar nou dink almal sy en haar man, Adam Shulman, probeer swanger word – iets wat dié bron sê glad nie waar is nie.

Só het Anne Hathaway se trourok gelyk

Anne Hathaway

FOTO: Anne met lang hare by haar man, Adam

VIDEO – Anne in Les Misérables: