ONE USE

FOTO: Mark Davis/WireImage via image.net

Het jy gehoor?

Va Va Voom! Jennifer Aniston se rok by die SAG-toekennings

Dit was gisteraand die Screen Actors Guild (SAG)-toekennings in Los Angeles en die sterre het weer hul beste modevoet op die rooi tapyt voorgesit.

Jennifer Aniston het die koppe laat draai in dié goue rok met lae halslyn.

ONE USE

FOTO: Mark Davis/WireImage via image.net

ONE USE

Jennifer saam met haar verloofde, Justin Theroux FOTO: Mark Davis/WireImage via image.net

Sy is benoem vir Beste Aktrise vir haar rol in Cake. Jen speel in dié fliek die rol van Claire Simmons, ’n ma in rou wat boonop met chroniese pyn moet saamleef ná ’n noodlottige motorongeluk. Dan vind Claire inspirasie op ’n ongewone plek …(Julianne Moore het gisteraand die Beste Aktrise-toekenning gekry vir haar rol in Still Alice.)

Daar was groot buzz dat dié rol vir Jen haar eerste Oscar-benoeming kan bring, maar dit was toe nie die geval nie. Jennifer is wel by die meeste ander groot toekennings vir Beste Aktrise benoem.

Hier is die wenners van die SAG-toekennings

Hier is die benoemings vir vanjaar se Oscars

Hou jy van Jennifer Aniston se rok?

Hou jy van Jennifer Aniston se rok?

  • JA
  • NEE