Het jy gehoor?

VAKANSIEFOTO’S: Paul Rothmann en Candice Boucher kuier in Viëtnam

Die TV-aanbieder Paul Rothmann en sy modelmeisie, Candice Boucher, was vir 3 weke in Viëtnam. Hulle deel hul ervaring en foto’s met SARIE.com.

Dit was ’n groot avontuur vir dié mooi en lewenslustige paartjie. Candice begin die verhaal oor hul reis deur te sê dat hulle nie werklik die vakansie vooraf beplan het nie. Hulle het net die eerste twee aande se verblyf bespreek en verder op die ingewing van die oomblik en op aanbevelings van die plaaslike mense gereis.

“Ons het in Hanoi geland en dadelik begin verken,” vertel dié model. Met die hulp van die hotelbestuur kon hulle Viëtnam van Noord tot Suid deurkruis om 3 weke later betyds te wees vir hul vlug uit Hanoi terug Suid-Afrika toe.

Halong-baai

Die tropiese eilande in Halongbaai was tweede op hul lysie. Die baai bestaan uit byna tweeduisend eilande en beteken “dalende draak”. “Dis een van die mooiste plekke wat ons nog gesien het,” sê Candice.

Halong bay

Paul en Candice moes 2 uur met ’n bus en daarna nog ’n uur per boot reis om hier uit te kom. Hier het hulle een aand op ’n boot oornag en vir 2 aande in ’n rondawel op ’n afgeleë deel van dié baai.

Hulle het in ‘n kajak tussen die eilande deur geroei en ook per fiets reg rondom een van die eilande gery.

Kayaking in Halong Bay

Kersdag

Van Halong is hulle terug Hanoi toe vir Kersdag voordat hulle op ’n oornagbus na die historiese kusdorp Hội An vertrek het.

Hội An

Ná die 17 uur lange busrit het hulle dié dorpie vir 5 dae deurkruis.

Die dorp is bekend vir kleremakers wat binne 24 uur vir jou ’n nuwe uitrusting maak. Paul en Candice het dié voordeel ten volle benut. Hulle het ook heerlike straatkos geëet, met ’n motorfiets die Hai Van-pas uitgery, Marble Mountain verken, in ’n waterval geswem en die plaaslike mense beter leer ken.

Easy rider

Nha Trang en Mũi Né

Die reis na die kusdorp Nha Trang som hulle in drie woorde op: kos, stap, oornagbus. Om hier uit te kom, het hulle 12 uur op ’n oornagbus gesit. Hier het hulle 4 dae gebly, waarna hulle weer op die bus geklim het (dié keer darem net vir 7 uur) na Mũi Né.

By Mũi Né het hulle begin eksperimenteer met verskillende soorte kos, soos slang en padda. Paul het ook die bloed van ‘n slang gedrink en die hart ingesluk!

Paul drink die bloed van 'n slang

Paul drink die bloed van ‘n slang

Ho Chi Minh, voorheen Saigon

Ho Chi Minh is die grootste stad in Viëtnam. En in dié stad het Paul en Candice nog plaaslike geregte geniet.

Terug huis toe

Van Ho Chi Minh het hulle teruggevlieg Hanoi toe, waar hulle hul laaste dag by die plaaslike markte deurgebring voordat hulle weer huiswaarts gekeer het.

Blaai deur hul foto-album

Paul en Candice drink die melk van 'n kokosneut.

Die antieke ruïnes.

Plaaslike straatkos.

Marble Mountain

Paul op een van die oornagbusse.

Op die spyskaart ... slang!

View Paul en Candice se Vietnam-reis in a full screen map

Lees ook