FOTO: Valiant Swart

FOTO: Valiant Swart

Het jy gehoor?

Valiant Swart is 50!

Die bekende Afrikaanse sanger en akteur Valiant Swart vier vandag sy 50ste verjaardag. 

Hy is 5 dekades gelede, op 25 November 1965, as Pierre Nolte gebore. Dié boorling van Wellington se tuiste is nou Stellenbosch. In 1977, toe Valiant 11 jaar oud was, het sy pa vir hom ’n kitaar gekoop. Die jong seun het homself geleer om ’n paar bekende liedjies te speel. Twee jaar daarna het hy sy eerste elektriese kitaar gekry.

Die tweetalige musikant het al met almal saamgewerk, van Koos Kombuis tot Jack Parow.

Interessante feite oor Valiant Swart 

Hy is ’n man van vele name: Die Mystic Boer, Digter van Dorpstraat, baas vannie brannewynblues.

valiant swart 2

Die Mystic Boer-kuierplekke in Bloemfontein en Stellenbosch is genoem na Valiant se liedjie met dieselfde naam. Die liedjie is vanjaar al 26 jaar oud.

Tydens ’n Oktober 2001-onderhoud met SARIE beskryf hy homself as ’n “kansvatter, laatslaper, pierewaaier, verkwister, roker, drinker, gladdebek … jy weet, troumateriaal.”

Valiant en die bekroonde akteur Marius Weyers is destyds saam gesien in kykNET se eerste Afrikaanse dramareeks, Song vir Katryn.

Grant Warren

FOTO: Grant Warren

Hoewel Valiant nou ’n nuwe fase van sy lewe betree, lyk dit nie of baie gaan verander nie. Hy het gister dié boodskap met sy Facebook-aanhangers gedeel en dit duidelik gemaak hy is nie ’n outoppie nie: “Laaste dag van my veertigs. Bier, braai, swem en tunes.”

“Genade, jy lyk nog altyd dieselfde! Wees vrolik en veilig,” het een van sy duisende aanhangers geskryf.

Baie geluk, Valiant!

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!